Hoop vir Kinders baat by dié rekord
Die Nederduitsch Gereformeerde Kerk-Welgelegen se Uitreik-kom-bersprojek het onlangs baie aandag vanuit verskeie oorde geniet toe hierdie kerk se kniekombers van formaat gemeet is vir die Guinness World Records.
POLOKWANE – Die Nederduitsch Gereformeerde Kerk-Welgelegen se Uitreik-kom-bersprojek het onlangs baie aandag vanuit verskeie oorde geniet toe hierdie kerk se kniekombers van formaat gemeet is vir die Guinness World Records.
“Die kerk se Uitreik-Kombersprojek het begin met ‘n droom van sommer baie komberse wat uitgedeel kan word aan sorg-afhanklike bejaaardes en kinders. Ons het gehoor van bejaardes wat in sekere versor-gingseenhede handdoeke oor hulle bene gooi. Om baie kniekomberse bymekaar te maak sou groot motivering vra. Guinness World Records het dié motivering baie makliker gemaak,” het ds. Henk Joubert vertel.
Die groot kombers is intussen uitmekaargehaal en elke klein kniekombersie aan organisasies sonder winsbejag geskenk.
Een so ‘n organisasie is Hoop vir Kinders en Joubert het 20 komberse aan hulle gegee wat hulle aan die kinders uitgedeel het.
“Ons is vreeslik dankbaar vir hierdie komberse. Ons waardeer dit uit die diepte van ons harte,” het Linda Dahms van Hoop vir Kinders gesê.
Die gemeente het ook komberse geskenk aan die Polokwane Kinder- en Gesinsorg-vereniging geskenk.



