Lida Fourie word nou by dié hospitium versorg
Tandarts Lida Fourie, wat 'n massiewe hart-aanval gehad het vroeg in Julie toe sy saam met twee van haar seuns gaan koffie drink het by 'n koffiewinkel in die stad, word nou in die Theunis Fichardt hospitium versorg,
POLOKWANE – Tandarts Lida Fourie, wat ‘n massiewe hart-aanval gehad het vroeg in Julie toe sy saam met twee van haar seuns gaan koffie drink het by ‘n koffiewinkel in die stad, word nou in die Theunis Fichardt hospitium versorg,
Lida se man, ds. Thys Fourie het verlede maand aan Review gesê dat sy nog voor die koffie wat sy bestel het gekom het, sleg gevoel het en op haar arms gaan lê het.
Sy het haar bewussyn verloor en ‘n hartstilstand gehad.
Daar is aanvanklik vermoed dat sy ‘n bloedklont deur haar longe gehad het, maar nadat toetse in die Mediclinic Limpopo gedoen is, is vasgestel dat sy ‘n hartaanval gehad het.
Sy het later haar bewussyn herwin maar niemand herken nie en daar is bevestig dat sy wel breinskade opgedeon het.
Geen besoekers behalwe nabye familielede word by haar toegelaat nie.



