Local NewsNews

Drielaag-troukoek danksy Noelene

Die troukoektradisie het in antieke Rome begin waar gaste brood oor die bruid se kop gebreek het om vrugbaarheid en voor-spoed te simboliseer.

POLOKWANE – Die troukoektradisie het in antieke Rome begin waar gaste brood oor die bruid se kop gebreek het om vrugbaarheid en voor-spoed te simboliseer.

Later het die brood koek geword, die tradisies meer gekompliseerd en die trou-koeke mooier en mooier.

Vandag weet ons dat ‘n partytjie nie ‘n partytjie is sonder ‘n lekker stuk koek nie en die oomblik wanneer die bruid en bruidegom hulle troukoek so saam-saam sny is ‘n geliefde en gevestigde tradisie. Danksy bobaasbakker Noelene Maré se kunstige hand en kreatiwiteit sal Bernadine Hugo en Gert du Preez Saterdag tydens hul bruilofvieringe pragtige herrineringe maak wanneer hulle hul troukoek sny.

Noelene sê Bernadine het reeds ‘n deposito betaal vir ‘n troukoek toe sy haar troue met Gert moes uitstel weens haar kankerbehandeling.

“Ek het van haar omstandighede uitgevind en besluit ek wil haar help. Ek het die res van die troukoek se koste afgeskryf en sal seker maak dat Bernadine haar droomkoek kry.

“Sy wil graag ‘n drielaag-koek hê; een laag wortel, een laag aarbei-vanielje en een laag sjokolade.”

Noelene is ‘n bekende in Polokwane se bak- en spysenieringbedryf.

“My ma het my hele lewe lank spyseniering gedoen en ek het saam met haar gewerk. Nege jaar gelede het ek besluit om meer aandag aan my koekbakkery te gee,” vertel sy.

Vir haar is die troukoeke wat sy bak ‘n saak van liefde en ‘n kreatiewe uitlaatklep.

“Dis vir my baie lekker om koeke te bak en te versier. Enige koek is moontlik, mens moet net ‘n plan kan maak. Ek werk ook dikwels van prentjies af om vir mense hul droomkoeke te gee.”

Noelene sê sy het vier dogters en Bernadine se verhaal het haar aan die hart geruk: “Toe sy haar verhaal vir my vertel het ek onmiddellik besluit om haar te help.” Bernadine kon nie uitgepraat raak oor haar en Gert se troukoek nie. “Die mense van Polokwane is so goed vir my. Ek kan net baie dankie sê.”

Noelene se kontaknommer is 072 198 6172.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button