Saal skitter in wit danksy Decoratz se drapering
Die lang wag is verby en die opwinding hang in die lug.
POLOKWANE – Die lang wag is verby en die opwinding hang in die lug.
Die dag van Bernadine Hugo en Gert du Preez sal uiteindelik Saterdag aanbreek en maande se beplanning en harde werk sal op ‘n pragtige hoogtepunt uitloop. Oor die afgelope paar maande het die mense van Polokwane geen moeite ontsê nie om Bernadine en Gert se dag ekstra spesiaal te maak. Suzette Joubert van Decoratz Function Décor is een van die mense wat graag inspring om iets spesiaal vir die paartjie te doen. Aangesien sy en haar span meesters is in drapering vir enige geleentheid, het sy aangebied om Bolivia Lodge se Baobab-saal, waarin die bruilof gehou word, se drapering te hanteer.
“Ons beplan om alles wit te maak en net op een of twee plekke kleur in te bring. Ook gaan daar baie feëtjieliggies wees,” vertel Suzette.
Suzette is die eienaar van dié suksesvolle dekorsaak wat sy ontstaan in 2009 gehad het. Sy en haar span hanteer funksies soos troues en matriekafskeide. Binnekort beplan hulle om ‘n nuwe faset in die besigheid in te bring naamlik tema-partytjies. “Ons wil dit vir ‘n kliënt moontlik maak om alles, van dekor tot kostuums, by ons te huur vir hul tema-partytjies.”
Suzette is ook besig met ‘n projek wat sy noem Recycling Artist waar sy weggooiprodukte soos leë plastiekbotteltjies omskep in iets wat as versiering in die huis kan dien. Later van tyd wil sy ook vars blomme en linte aan haar kliënte beskikbaar stel.
Nog ‘n nuwe projek waarmee sy besig is, is iets soortgelyk aan die Everlasting Trea-sures waar babas se hand- en voetafdrukke in gips gegiet word.
“Ek doen hierdie drapering vir Bernadine en Gert met liefde. Dit is vir my lekker om ander mense gelukkig te maak.”
Skakel Suzette by Decoratz vir jou funksie se drapering en kyk hoe dit van vaal na fantasties omskep word. Haar nommer is 076 840 4590.



