Dankfees vir die Bybel in Afrikaans
Op 26 Augustus 1933 is die eerste uitgawe van die Bybel in Afrikaans in Bloemfontein bekendgestel.
POLOKWANE – Op 26 Augustus 1933 is die eerste uitgawe van die Bybel in Afrikaans in Bloemfontein bekendgestel.
Sedertdien word dié dag jaarliks herdenk deur ‘n Dankdiens.
Op 26 Augustus het die Bybelgenootskap van Suid-Afrika die Dankdiens vir Polokwane by die Doornbult-feessaal aangebied.
Die diens is waargeneem deur ds. Stephan Hoffman van die Bybelgenootskap in Kemptonpark.
Lede van die Sebulon-dansgroep het ‘n opvoering gelewer.
Johan Willemse, voorsitter van die Geloftefeeskomitee, het die verwelkomings behartig en ds. Murray Louw, sekretaris van die Bybelgenootskap, het Hoffman bekendgestel.
Die volgende geleentheid sal plaasvind op 24 September wanneer die moorde van Moorddrift en die gevolglike Slag van Makapansgat herdenk word.



