Local NewsNews

Corlanie het fondse nodig vir operasie

CORLANIE de Vries is 'n lewenslustige 11-jarige meisie van Makhado, maar sy het 'n dringende hartoperasie nodig.

CORLANIE de Vries is ‘n lewenslustige 11-jarige meisie van Makhado, maar sy het ‘n dringende hartoperasie nodig.

Corlanie is gebore met pulmonale klepstenose (pulmonary valve stenosis). Dit is die vernouing van die pulmonêre hartklep wat beteken dat daar ‘n obstruksie van bloed-vloei van die regterhartventrikel na die longe is wat ‘n tekort aan suurstof in die liggaam versoorsaak.

Corlanie het reeds op vier maande ‘n hartkaterisasie ondergaan waar die vernouing deur middel van ‘n ballon gerek is. In dié proses het die klep geskeur en Corlanie het nou geen pulmonale klep nie.

“As gevolg van die vernouing in die klep voor die hartkaterisasie het die spierweefsel van die regterventrikel verdik en aansienlike spasie in haar hartkamer ingeneem,” vertel Gert de Vries, Corlanie se pa.

“‘n Deel van die verdikte spierweefsel is in 2006, toe Corlanie drie jaar oud was, deur middel van ‘n hartoperasie verwyder.”

Corlanie het egter so gou as moontlik ‘n pulmonale-klepinplanting nodig. Die koste van hierdie klep beloop sowat R300 000.

Dr. Jayneel Joshi van die Universiteit van Pretoria se Steve Biko Akademiese Hospitaal het aan Review vertel dat Corlanie ‘n lieflike klein meisie is wat so gou moontlik ‘n pulmonale klepinplanting moet kry.

Joshi het verduidelik dat die klep sowat R300 000 kos en nie beskikbaar is in die staatshospitale nie. “Die dokters se dienste asook die hospitaal- en teaterkoste sal wel deur die Steve Biko Hospitaal gedek word,” het hy gesê.

“Voor Corlanie die klepinplanting kan kry, moet sy eers ‘n koronêre stent kry om die spasie wat verbreed het met tyd in haar hart te verminder sodat die klep daarna ingeplant kan word. Die prosedure kan nie gedoen word as sy nie verseker is van ‘n beskikbare pulmonale klep nie,” vertel Gert.

Corlanie vertel dat, alhoewel sy lief is vir sport veral netbal, mag sy as gevolg van haar hart se toestand nie aan sport deelneem nie.

“Ek het die geld vir die operasie bitter nodig,” sê sy.

Om Corlanie te help om die koste van haar operasie te dek, kan donasies by die volgende bankrekening inbetaal word:

Corlanie de Vries Trust

FNB

Rekeningnommer: 744 297 67012

Takkode: 260149.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button