Kombersies vir Eeufeeshuis maak knieë en harte warm
Velede week het Karen Steenkamp 54 komberse wat deur gemeentelede van die Nederduitsch Hervormde Kerk Welgelegen gehekel is, by Eeufeeshuis afgelewer.
POLOKWANE – Velede week het Karen Steenkamp 54 komberse wat deur gemeentelede van die Nederduitsch Hervormde Kerk Welgelegen gehekel is, by Eeufeeshuis afgelewer.
Hierdie komberse is Dinsdag aan die inwoners uitgedeel.
“Kyk hoe mooi is my kom-bers. Ek is baie bly oor hom,” het Steven du Plooy, ‘n inwoner, opgewonde gesê.
Christa van der Walt, direkteur van die Assosiasie vir Persone met Gestremdhede (APD) het gesê dat hulle baie dankbaar is oor die skenking.
“Ons waardeer dit vreeslik en dit is lekker om die inwoners gelukkig te sien.”
Die kombersprojek het aanvanklik begin as projek waar kniekombersies gehekel is om aan ouetehuise, kinderhuise en ander organisasies sonder winsbejag te skenk.
Dit het ontwikkel in ‘n projek om die wêreld se grootste gehekelde kombers te maak.
Die kerk wag nog vir die finale uitslag om te hoor of hul projek in die Guinness World Record Book opgeteken sal word.



