CrimeNews

Drawwer aangeval

'N JONG talentvolle gholfspeler is Maandag-aand om 19:00, terwyl hy gedraf het, aangeval.

‘N JONG talentvolle gholfspeler is Maandag-aand om 19:00, terwyl hy gedraf het, aangeval.

Cameron Nesmith (17) was in Topaasstraat in Chroompark toe die aanvaller hom aan die nek beetgekry het.

Sy pa, Gummi, vertel Cameron het sy oorfone aangehad en na musiek geluister. Die aanvaller het hom uit die bloute aan die kant van sy nek net onder sy oor geslaan.

“Die booswig het sy oorfone gegryp en laat spaander. Cameron het harsingskudding opgedoen en kan nie veel onthou wat pressies gebeur het nie.”

Cameron was Woensdagmiddag klaar weer op die been besig om sy gholfstokke op die Kameeldoring-gholfbaan te swaai.

 

Kenners: Leer om jouself te verdedig

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button