Begrafnisdiens wen gesogte toekenning
MARTIN'S Funeral Franchising is die trotse wenners van die Ask Africa Orange Index-toekenning vir uitstekende kliëntediens gelewer in 2014.
MOKPANE – MARTIN’S Funeral Franchising is die trotse wenners van die Ask Africa Orange Index-toekenning vir uitstekende kliëntediens gelewer in 2014.
Ask Africa Orange Index het vir die afgelope 13 jaar maatskappye geïdentifiseer wat uitmuntende kliëntediens lewer en erkenning gegee.
Martin’s Funerals is onder die top 30 maatskappye waarvan 155 maatskappye oor 32 verskillende industrieë vergelyk word.
André en Carin de Lange is al vir 15 jaar die gerespekteerde eienaars van die Martin’s Funeral tak in Mokopane.
Hulle is ongelooflik trots om ‘n aandeel in hierdie gesogte toekenning te hê.
“Vanjaar was vir ons ‘n buitengewoon moelike jaar. Ek en Carin was albei gehospitaliseer en ek was gediagnoseer met kanker. Ons wil graag die gemeenskap bedank vir hul opregte gebede en bystand gedurende hierdie tyd, in besonder vir ds. Peet Venter en past. Johan van Eeden vir hul merkwaardige ondersteuning.
“Ek wil ook veral vir Barry Fagon, Magda Snibbe, ons dogter, Chandré de Lange en die Van Emmenes-familie van Mookgophong hartlik bedank vir al die hulp en opofferings.
“Deur die genade van die Here en al jul gebede is ek vandag kankervry.
“Ons het opregte waardering vir hierdie toekenning en bedank elkeen van ons lojale kliënte, want sonder hulle sou dié prestasie nie moontlik gewees het nie.
“Mag almal ‘n geseënde Kerstyd en ‘n voorspoedige Nuwejaar beleef. Ons gebede gaan uit na al die families wat vanjaar ‘n geliefde aan die dood moes afstaan,” is die woorde van bedanking van André en Carin de Lange.
André bedank ook sy vrou en steunpilaar, Carin, vir al haar liefde en ondersteu-ning en dat sy die besigheid staande gehou het gedurende die tyd wat hy siek was.
Martin’s Funeral Franchising sê dankie aan Solidariteit, die verenigde assosiasie van Suid-Afrika, die demokratiese onderwysunie, M&H, Cornerstone en G.B.A vir hul puik dienslewering gedurende die jaar.
By Martin’s aanvaar ons alle begrafnisgenootskapboekies en behartig enige begrafnis of verassing.
“Ons bied ook privaatdienste vir mense wat nie deel is van ‘n kerkgenootskap nie,” sê André.



