Local NewsNews

Hoogte punte 2014: ‘n Laaste totsiens

Hoogte punte 2014: 'n Laaste totsiens

Susan Geyer

Oosskool moes vanjaar afskeid neem van Susan Geyer (50), nadat sy aan vermoedelik ‘n hart-aanval gesterf het.

“Haar vak was haar trots en een van haar oudleerders het eendag gesê: ‘as jy by Juffrou Susan Afrikaans in gr. 7 gekry het, ken jy jou werk tot in gr. 12’.” Die vlag by Oosskool het halfstok gehang en ouers, onderwysers en leerders was verslae oor haar skielike afsterwe.

Stad rou na tieners sterf

Die dood van drie tieners binne ‘n week het vanjaar skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Nicole Botha (18) is in ‘n motorongeluk dood nadat ‘n vragmotor teen die dubbelkajuit-bakkie waarin sy en haar ma, Lisa, gery het, gebots het.

Volgens Jeff Botha, Nicole se pa, was ma en dogter oppad na die Blouberg-ryskool waar Nicole ‘n ruiter was, met Lisa aan die stuur.

Lisa is in die hospitaal opgeneem en vir haar beserings behandel.

Nicole was Curro Heuwelkruin Hoërskool se onderhoofmeisie vanjaar en volgens Eben Lingefelder, skoolhoof, was die skool bevoorreg om haar as leerder te hê.

‘n Fratsongeluk het ook die lewe geëis van Zander Smith (14), ‘n gr. 8-leerder van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé.

Volgens Zander se ma, Riana, het hy sy pa, Pieter, gehelp om die windpomp op hul plaas reg te maak toe sy baadjie in die windpomp se meganisme verstrengel geraak het. “Sy pa het hom probeer help, maar hy het self ook verstrengel geraak. Die nooddienswerkers moes hom uitsny. Zander is dood in die ongeluk,” het sy vertel.

Heuwelkruin het nog ‘n leerder aan die dood verloor toe Riané van den Berg (14) ook gesterf het.”Sy was ‘n stil en geliefde kind,” het hy vertel.

Nicole Botha.
Nicole Botha.
Riané van den Berg.
Riané van den Berg.

Tannie Mattie Viviers

Retief Goosen, se ouma, Mattie Viviers, is op 10 September vanjaar oorlede. Sy was 104 jaar oud.

Hendrik Viviers, Mattie se seun, het vertel dat sy die beste ma was waarvan enige kind maar kon droom.

Hendrik is een van vier kinders en die enigste seun. Hy het vertel dat sy ma ‘n baie sagte, liefdevolle mens was.

Ds. Tjaard Meyer van die N.G. Kerk Pietersburg-Oos het vertel hy onthou vir Mattie as iemand wat altyd omgegee het vir ander mense. “Sy was ‘n getroue lidmaat wat in 1987 by ons gemeente aangesluit het.

“Sy was lojaal en getrou aan die gemeente en het selfs in laterjare, toe sy nie meer kerk toe kon gaan nie, vir die mense op die gebedslysie gebid. Sy was ‘n baie sorgsame mens.”

Johndré Adlem

Tragedie het die Adlemgesin weer vanjaar getref toe Johndré Adlem (25) gesterf het.

Karin Adlem en haar man, Willie, het hul oudste seun, Warren, verlede jaar in Oktober aan die dood afgestaan na ‘n kwadfietsongeluk.

Karin het aan Review vertel Johndré het in sy stoel by sy werk, inmekaargesak.

Daar is later vasgestel dat hy ‘n beroerte gehad het wat tot bloeding op die brein aanleiding gegee het.

Johndré Adlem. Foto's: Verskaf
Johndré Adlem. Foto’s: Verskaf

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button