Paaseiers vir dié jong lyers
Paasfees is hier, maar vir talle siek kinders in die onkologie-afdeling by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal sal dit net nog 'n naweek wees.
POLOKWANE – Paasfees is hier, maar vir talle siek kinders in die onkologie-afdeling by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal sal dit net nog ‘n naweek wees.
Om ‘n bietjie vreugde vir hulle te bring, het die naaswenner in die Mev. Polokwane-kompetisie, Lazya Greyvenstein onlangs by die Tough Living with Cancer (TLC) saal ingeloer om Paaseiers af te lewer.
Komiteelid Izel Labuschagne het vir Lazya gehelp verlede Woensdag. Talle van die kinders was aanvanklik huiwerig, maar dié welkome verrassing het uiteindelik vir groot plesier gesorg.
Nadat al die kinders, hulle ma’s en die personeel Paaseiers gekry het, het Lazya en Izel na die ander kindersale in die hospitaal gegaan waar hulle ook Paaseiers uitgedeel het. “Hierdie kinders verdien iets lekkers in die lewe,” vertel Lazya. “Dis hartseer dat hulle so jonk is en reeds soveel pyn moet verduur.”
3



