Vrolike atmosfeer by Potties vlooimark
NA 'n heerlike reënbui Vrydagaand is die Potties Vlooimark begroet met 'n warm sonskyndag Saterdagoggend en is heerlik vermaak deur die Boeremusiekgilde.
MOKOPANE – NA ‘n heerlike reënbui Vrydagaand is die Potties Vlooimark begroet met ‘n warm sonskyndag Saterdagoggend en is heerlik vermaak deur die Boeremusiekgilde.
Die gemeenskap is verwelkom met ‘n verskeidenheid stalletjies – van die heerlikste kaas van Klippiesveld Kaas tot die mooiste juwele, kunswerke en vetplante.
Madelein Hansen is al vir die laaste agt maande die organiseerder van die vlooimark en nooi die gemeenskap uit om of te kom uitstal of te kom deel in die dag se plesier.
“Ek probeer om die Potties Vlooimark op die laaste Saterdag van elke maand aan te bied by die N.G. Moedergemeente op die hoek van Thabo Mbeki- en Krugerstraat.
“Ek het groot en opwindende planne vir die volgende vlooimark en die gemeenskap moet dit beslis nie misloop nie,” sê Madelein.
Sy bedank almal wat die vlooimark kom bywoon het vir hulle ondersteuning.





