Dié markie groei nou vinnig
'n Paar weke gelede het 'n welkome markie die lig gesien by die Florapark winkelsentrum alles te danke aan plaaslike inwoner Deon de Jager.
POLOKWANE -‘n Paar weke gelede het ‘n welkome markie die lig gesien by die Florapark winkelsentrum alles te danke aan plaaslike inwoner Deon de Jager.
Hiér het hy sy tuisgemaakte konfyte, chilliesouse en ander ingelegte produkte aan die publiek verkoop.
Elize Bergh en Naas Vorster was byderhand met heerlik varsgebraaide worsrolle. Sommer gou-gou het meer uitstallers aangesluit en nou word daar elke tweede Saterdag heerlike grappe vertel en sommer ‘n rand of twee gemaak. Tans behels die mark stalletjies met pannekoek en tuisgemaakte beskuit, handgemaakte speelgoed vir kinders en kaartjies vir enige geleentheid. Ook is Jan Snyders gereed om mans en vroue lekker te laat ruik met sy parfuum.
“Ons kom in die middel van die maand saam en ook weer aan die einde van die maand. Mense kan uitstal net wat hulle wil. Ons mark groei stadig maar darem, en ons hoop om nog vele uitstallers en voete te trek,” vertel Deon.
As jy ook as uitstaller wil betrokke raak, skakel vir Deon by 073 324 5140.











