Editor's choiceLocal NewsNews

Henda kry skenker

Henda Nel (19), 'n geliefde ringbalspeler van die stad wat reeds verlede jaar in haar gr. 12-jaar met limfoblastiese kanker gediagnoseer is, het wel 'n beenmurgskenker gekry, maar die nadraai was slegte nuus.

POLOKWANE – Henda Nel (19), ‘n geliefde ringbalspeler van die stad wat reeds verlede jaar in haar gr. 12-jaar met limfoblastiese kanker gediagnoseer is, het wel ‘n beenmurgskenker gekry, maar die nadraai was slegte nuus.

Aangesien die skenker van Duitsland (oorsee) is, reken die mediese fonds dit as ‘n té groot risiko om die koste te dek. Om dié prosedure uit jou sak te betaal kos sowat R1,6 miljoen. Die goeie nuus is dat daar intussen nuwe hoop gekom het.

Toe Henda verlede jaar ‘n terugslag gehad het, is kanker is in haar brein, rugmurg en senustelsel opgespoor. Bestraling en chemoterapie het gevolg, en sy was uiteindelik in remissie. Die soektog na ‘n geskikte beenmurgskenker het gevolg en verskeie pretdae is intussen gereël om die mediese koste te help betaal.

Daar is verlede maand vasgestel dat Henda se breinkankerselle nie meer groei nie en dokters het besluit om gevolglik haar eie selle te oes, te kweek en dan terug te plant in die hoop dat dié proses haar gesonder sal kry.

Dié proses sal op 13 April begin en verloop tot 27 Mei wanneer die terugplanting gedoen word.

“Dit klink of ek vir weke lank niks gaan doen nie, maar ek gaan intussen inspuitings kry om my wit- en rooibloedselle te bou,” vertel sy.

Bestraling sal ook gedoen word.

Volgens Sandra Lubbe, Henda se ma, het die mediese fonds magtiging gegee vir die beenmurgoorplanting, maar hulle wag nog om te hoor of die ander uitgawes deur die fonds betaal gaan word. “Ons is baie positief oor alles. Die Liewe Vader sal voorsien. Hy het ons tot hier gebring, Hy sal ons nie hier los nie,” vertel Sandra.

“Ek is glad nie bang nie. ek is eintlik opgewonde. Dit is asof ek ‘n nuwe lewe kry, ‘n vars begin,” vertel Henda opgewonde.

Op 17 April kom sing Jakkie Louw by Dag-ga Boys om geld in te samel. Hou die pers dop vir meer besonderhede.

 

R85 000 wys stad se liefde vir Henda

Erica gee vir Henda

Onselfsugtig in die ergste pyn

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button