100ste verjaarsdag saam met familie en vriende
Familie, vriende en Westenburg bejaardes het verlede Saterdagmiddag Sarah Swarts, beter bekend as Ouma Swarts, se 100ste verjaarsdag gevier.
POLOKWANE – Familie, vriende en Westenburg bejaardes het verlede Saterdagmiddag Sarah Swarts, beter bekend as Ouma Swarts, se 100ste verjaarsdag gevier.
Ouma Swarts het op 21 April verjaar, maar haar verjaarsdag-partytjie was hierdie naweek by haar huis in John Smithstraat, Westenburg gehou. ‘n Groot tent was opgeslaan en mooigemaak in wit en pers.
‘n Groot verjaarsdagkoek, in die vorm van die getal 100, het op die hooftafel gepryk.
Ouma Swarts is die oudste inwoner van Westenburg en waarskynlik die eerste om ‘n 100ste verjaarsdag te vier.
Die wyksraadslid, Dorcas Madikoto was onder die gaste wat die verjaarsdagvieringe bygewoon het.
Die gaste het lekker geëet, gedans en saamgekuier.








