Vroue bederf by Martha Hofmeyr Tehuis
Om vir ma's dankie te sê, het Martha Hofmeyr Tehuis 'n spesiale ontbyt gehou op Saterdag, 9 Mei, die dag voor Moedersdag.
POLOKWANE – ‘n Ma is ‘n spesiale persoon met meer emosies en gevoelens as waarvan haar man en kinders dikwels bewus is. So gereeld skuif sy haar gevoelens opsy om plek te maak vir die behoeftes van haar man en kinders.
Om vir hierdie besonderse vroue dankie te sê, het Martha Hofmeyr Tehuis ‘n spesiale ontbyt gehou op Saterdag, 9 Mei, die dag voor Moedersdag.
Tydens hierdie geleentheid het ‘n maatskaplike werker, Sonet Seegers, met die gaste gepraat oor spieëls en hul selfbeeld. Sy het haar opbouende inspirerende toespraak begin met die woorde uit die bekende sprokie Sneeuwitjie, “Spieëltjie, spieëltjie in my hand…” en oral in die saal was spieëls opgehang.
Annelise Bothma, maatskaplike werker by Martha Hofmeyr en Vergeet my Nie, sê die geld wat ingesamel is met die ontbyt gaan vir Tekkie Tax.
“Ons is dankbaar vir almal wat die oggend saam ons kom geniet het, en wens vir elke mamma ‘n geseënde Moedersdag toe.”






