Kry jou strikkie, lap wys jy gee om
Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes ondersteun die veldtog Tooi Turkoois vir Bejaardes.
MOKOPANE – “MOET my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie, moet my tog nie alleen laat nou dat my kragte ingegee het nie”. Psalm 71:9 is die uitroep van meeste van die bejaardes, sê Estelle Hartzenberg, bestuurder van die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes.
Die Dienssentrum ondersteun die veldtog Tooi Turkoois vir Bejaardes met die hoofdoel om bewusmaking te skep oor wat individue, gesinne, organisasies en die samelewing kan doen om die oues van dae te help om met waardigheid, gesondheid en in veiligheid te leef.
Terselfdertyd word fondse ingesamel deur turkooiskleurige items te verkoop. Vanaf 15 Mei, Internasionale Fa-miliedag tot 15 Junie, Wêreldbewustheidsdag oor die Mishandeling van Bejaardes, word inwoners van Mokopane gevra om turkoois strikkies te dra en om hul omgewing in turkoois te versier met die turkoois lappe wat beskikbaar is by die Dienssentrum onderskeidelik R20 ‘n lap en R5 ‘n strikkie. Ondersteun die hierdie projek van die Dienssentrum en wys jy gee om.



