Local NewsNews

Louis Trichardt-man ernstig beseer tydens botsing

Brian Jefferies (46), eienaar van De Graaf Under Car in Louis Trichardt, het ernstige beserings opgedoen in 'n motorfietsongeluk.

LOUIS TRICHARDT – Brian Jefferies (46), eienaar van De Graaf Under Car in Louis Trichardt, het op Sondag, 10 Mei ernstige beserings opgedoen in ‘n motorfietsongeluk wat op die N1 naby die Songozwistraat-kruising plaasgevind het.

Volgens Brian Jefferies se skoonsuster, Sigrid, was hy op sy motorfiets oppad huistoe toe die ongeluk gebeur.

‘n Ooggetuie wat anoniem wil bly sê Brian was besig om regs te draai toe ‘n silwer BMW ‘n u-draai op die N1 gemaak het. Volgens die ooggetuie het die bestuurder van die motor nie in Brian se rigting gekyk toe hy die u-draai gemaak het nie.

Sigrid sê Jefferies het ernstige beserings opgedoen. “Albei sy gewrigte is verbrysel met die impak van die ongeluk en sy bekkenbeen is op drie plekke gebreek.

Hy is dadelik na die Zoutpansberg Privaat Hospitaal geneem en daar gestabiliseer voor hy na die Mediclinic Tzaneen oorgeplaas is. Daar het hy ‘n vier en ‘n half uur operasie ondergaan,” sê Sigrid.

Sigrid het drs. Alec Revelas, ‘n ortopediese chirurg, Emil Gaigher en Lappies Labuschagne van Louis Trichardt bedank. Sy het ook haar dank teenoor Koos Botha, die Soutpansberg Dorpswag en Maud Myburgh wat Brian op die toneel bygestaan het, uitgespreek.

Makhado polisiewoordvoerder, konst. Irene Radzhilani, sê ‘n saak van roekelose bestuur word ondersoek.

Vriende en familie van Brian het ook ‘n hulpfonds gestig vir sy mediese onkostes. Vir meer inligting kontak Sigrid by 082 454 5886.

 

For more breaking news, visit our website ReviewOnline  or follow us on Twitter or Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button