Enjins brul vir die DBV
Die Valke buurtwag bied Saterdag 23 Mei 'n onvergeetlike dag aan wat 'n kombinasie insluit vir alle diereliefhebbers en 4x4 geesdriftiges ten bate vir 'n fondsinsameling vir die Percy Fyfe Dierebeskermings-vereniging (DBV).
MOKOPANE – Die Valke buurtwag bied Saterdag 23 Mei ‘n onvergeetlike dag aan wat ‘n kombinasie insluit vir alle diereliefhebbers en 4×4 geesdriftiges ten bate vir ‘n fondsinsameling vir die Percy Fyfe Dierebeskermings-vereniging (DBV).
Vir die wat glo hulle is ‘n gesoute 4×4 drywers en hul slag op die 4×4 hindernisbaan wil wys is dit R100 per deelnemende voertuig.
Vir die 4×4 geesdriftiges wat hierdie aksiebelaaide dag as toeskouers wil kom bywoon is dit R50 per voertuig.
Die opwinding skop om 10:00 langs die Trevor Else Raceway af, inskrywing geskied om 12:00. Teen 13:45 is daar ‘n bestuurders vergadering waar die reëls deur gegee word en 14:00 gaan die enjins brul en die hindernisbaan plat gery word.
Vir die geesdriftiges wat nie agter die stuur inskuif nie is daar heerlike verversings om van te kies en te keur.
Marcelle Maritz, bestuur-der van die DBV, sê, “Die ondersteuning van die gemeenskap sal opreg waardeer word.”
Vir verdere inligting kontak Fred Cooper by 083 444 6615, Abie Cooper by 083 628 4615, Fredrick Cooper op 083 287 8505 of vir Marcelle Maritz by 078 617 8682.



