Bosveld NewsNews

Verdagte in skool se badkamer

NA DRIE inbrake by Hoërskool Piet Potgieter is 'n verdagte op heterdaad in die badkamer van die hokkiespelers betrap en vasgetrek.

MOKOPANE – NA DRIE inbrake by Hoërskool Piet Potgieter is ‘n verdagte op heterdaad in die badkamer van die hokkiespelers betrap en vasgetrek.

Die verdagte is verlede week kort voor 07:00 gevang nadat twee werkers van die skool hom gekry het waar hy in die badkamer gelê en slaap het. Hy het agter die deur weggekruip toe Suricat se reaksie-offisiere, Rassie Erasmus en Rickus Liebenberg, opgedaag het om hom in hegtenis te neem.

Erasmus sê hulle het eers in die plafon gesoek, maar kon niemand kry, “hoewel ons kon ruik dat daar iemand in die vertrek is”.

Die jong man is agter die deur gekry waar hy homself so skraal as moontlik probeer maak het om nie gevang te word nie.

“Die man het erken dat hy vroeër by die skool se hokkiekamer ingebreek en toerusting gesteel het, asook twee projektors in die wetenskapklas wat hy vir R100 elk verkoop het. Hy het ook by die skool se koshuis ingebreek en onder meer die ketel, mikrogolf en kruideniersware gesteel.”

Die op en wakker reaksie-offisiere het ook verlede Woensdag ‘n man vasgetrek wat by ‘n woonhuis in JG Strijdom in Chroompark ingebreek het Die alarm van die huis het afgegaan en drie voertuie van Suricat is onmiddelik na die huis.

Die man is op heterdaad met twee gereedskapskassies betrap. Liebenberg en Daniel Matshaba van Suricat, het die man wat op vlug geslaan het, agterna gesit. Hy is in Thabo Mbekistraat gevang en in hegtenis geneem.

R20 000 se skade na nog ‘n inbraak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button