Bosveld NewsNews

R20 000 se skade na nog ‘n inbraak

HOëRSKOOL Piet Potgieter was vir die tweede opeenvolgende naweek die teiken van inbrake wat gelei het tot sowat R20 000 se skade.

MOKOPANE – HOëRSKOOL Piet Potgieter was vir die tweede opeenvolgende naweek die teiken van inbrake wat gelei het tot sowat R20 000 se skade.

Die eerste inbraak het op die naweek van 25 April gebeur toe verdagtes die sekuriteitshek van die hokkiekamer oopgebreek het en goedere gesteel het.

Die tweede inbraak was verlede naweek toe verdagtes deur ‘n venster van ‘n klaskamer toegang verkry het en twee data-projektors wat agter slot en grendel was, gesteel het.

Die klaskamers is toegerus met kamerastelsels, maar die verdagte is slim en die beeldmateriaal kon nie veel oplewer nie, vertel Jas Hansen, skoolhoof van Hoërskool Piet Potgieter.

Die Mokopane polisie is vroeg Maandagoggend ingeroep en vingerafdrukke is geneem en ‘n saak van inbraak is by die polisie oopgemaak.

“Geen verdagtes is sover vasgetrek nie, maar die polisie is warm op hul spoor,” sê Hansen.

Hansen sê die sekuriteitstelsel by die skool is intussen opgeskerp.

Die skoolhoof het vir Jan de Villiers, die eienaar van Suricat sekuriteitsfirma, vir die gratis installering van ‘n alarmstelsel in die hokkiekamer, bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button