Bosveld NewsLocal NewsNews

Gratis inentingsklinieke, datums, tye en plekke

HONDSDOLHEID is 'n gevreesde siekte wat dodelik is vir mens en dier, daarom bied die veeartsenydiens 'n gratis inentingskliniek in Mokopane en Mookgophong in Junie aan.

MOKOPANE – HONDSDOLHEID is ‘n gevreesde siekte wat dodelik is vir mens en dier, daarom bied die veeartsenydiens ‘n gratis inentingskliniek in Mokopane en Mookgophong in Junie aan. Hondsdolheid is ‘n breinsiekte wat deur ‘n virus veroorsaak word en deur soogdiere oorgedra word.

Oordrag vind in die reël plaas deur speeksel waarin die virus voorkom. Wanneer ‘n slagoffer gebyt word, sprei die virus nie deur die bloed nie, maar besmet dit die senuweevesels.

Inentings is verpligtend, dus word eienaars van honde en katte gemaan om hulle honde en katte bo die ouderdom van drie maande, jaarliks te laat inent.

Deur die samewerking van die gemeenskap is 2 898 honde en katte gedurende 2012 in Mokopane geënt teenoor 1 674 in 2010 en 1 709 in 2011. Daar was ‘n daling in 2013 en 2014 en ons hoop om die getal te verdubbel die jaar.

Van 2 tot 4 Junie van 07:00 tot 17:00 kan honde en katte in Mokopane ingeënt word teen die virus by die inentingsklinieke wat opgestel sal word by die Van van Rensburg Saal en voor die Mogalakwena Biblioteek.

In Mookgophong sal die inentingsklinieke opgestel word van 9 tot 10 Junie van 07:00 tot 17:00 by die Mookgophong Munisipaliteit parkeerarea en die gemeenskapsaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button