Bosveld NewsNews

Raak só betrokke by die deurnagstap vir Kansa

Die reëlings vir Kansa Mokopane se Relay For Life wat op 21 Augustus by die Piet Potgieter Hoërskool gehou word, vorder fluks.

MOKOPANE – Die reëlings vir Kansa Mokopane se Relay For Life wat op 21 Augustus by die Piet Potgieter Hoërskool gehou word, vorder fluks.

Alle mense wat kanker gehad het en dit oorleef het, asook mense wat tans nog ‘n stryd voer teen die siekte, word versoek om Ansie Potgieter by 084 880 9590 te kontak. Dit is tradisie dat dié mense die eerste span is wat om die baan stap met die opening van die Relay ter herdenking aan hulle lewe.

Enigeen wat belangstel om ‘n deurnag-kosstalletjie tydens die Relay te beman kan gerus van hul laat hoor. Die donasie aan Kansa beloop 25% van jou stalletjie se verkope, die res is vir jou eie sak. Kontak vir Thea Louw by 078 744 7252 om jou stalletjie te bespreek.

Die oogmerk is dat ongeveer 100 spanne vanjaar gaan deelneem. Elke span moet ‘n spankaptein hê. ‘n Span bestaan uit 10-15 lede en dit kos R100 per persoon. Skoolgaande kinders betaal net R50.

Besighede word utigenooi om van hulle te laat hoor. Leon Koekemoer 082 894 3045 of Mornè Jooste 082 461 3738 kan gekontak word. Daar sal ook gedurende die aand vermaak wees om die gees aan te wakker. Diegene wat graag wil optree kan vir Monica Human by 083 231 7334 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button