Bosveld NewsNews

KOLLIG: Uittree Annuïteit: Verstaan wat jy koop

WANNEER jy aftree gaan jy te doen kry met verskillende terme. Veral wat beleggings betref.

WANNEER jy aftree gaan jy te doen kry met verskillende terme. Veral wat beleggings betref.

Indien jy uit ‘n Uittree Annuïteit of Pensioenfonds gaan aftree, moet minstens twee-derdes daarvan in ‘n verpligte annuïteit belê word. “Annuïteite” kan ook beteken pensioen, jaargeld of lyfrente – afhangende van wat jy koop. “Pensioen” beteken eintlik maar net niks anders as ‘n gereelde inkomste wat jy ontvang uit aftreefondse nie. Wanneer jy in ‘n verpligte annuïteit belê, “koop” jy eintlik ‘n pensioen.

Jy moet egter doodseker maak wat presies jy koop, want so “pensioen” kan dertien verskillende gedaantes hê. So kan mens maklik verward raak tussen die volgende terme: ‘n Lewende annuïteit, ‘n lewensannuïteit of lyfrente, jaargeld, bonuslyfrente, kapitaalbeskermingsplan, gewaarborgde lyfrente en nog meer.

Net geld uit pensioenfondse, voorsorgfondse, bewaringsfondse of uittree annuïteite kan in ‘n verpligte annuïteit belê word want dit kom uit fondse wat deur wet voorgeskryf word dat jy dit as sodanig moet belê. Die inkomste uit ‘n verpligte annuïteit, maak nie saak welke term of soort nie, is ten volle belasbaar – net soos jou salaris.

Die keuse van die korrekte verpligte annuïteit is nie so eenvoudig nie en moet verkieslik, in samehang met al jou beskikbare aftreekapitaal, met ‘n kundige en onafhanklike finansiële adviseur bespreek word.

Ek sal in opvolgende artikels lig werp op die onderskeid wat getref moet word tussen die soorte annuïteite asook faktore wat ‘n rol speel van hoe om ‘n keuse te maak.

Tot volgende keer,

Koos de Wet

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button