Bosveld NewsNews

Dorp se Lydia FN se provinsiale leier

'Dit is 'n voorreg om as provinsiale leier van die Limpopo vir die FN gekies te word en ek sien uit na die uitdaging' Lydia van der Merwe

MOKOPANE – DIE politieke party Front Nasionaal, (FN), het verlede naweek aan die Oos-Rand op sy eerste nasionale kongres sy verbintenis tot die selfbeskikkingstrewe van die Europese bevolking van Suid-Afrika herbevestig.

Die alombekende sanger en akteur Steve Hofmeyr, het in ‘n boodskap wat namens hom voorgehou is Front Nasionaal bedank vir die werk wat tot dusver gedoen is en veral ten opsigte van die vrylating op parool van Clive Derby-Lewis op 29 Mei. Lewis het ‘n lewenslage vonnis uitgedien vir sy deel in die sluipmoord van ANC leier Chris Hani. Hofmeyr bestempel sy verhouding met die FN as, “Vennote op dieselfde reis.”

Hannes Engelbrecht, partyleier, het in sy aan-vaardingstoespraak beklem-toon dat,” Front Nasionaal op verskeie punte deur die liberale politici en ander aangeval is, maar dat niemand ons nog ooit op beleid kon aanvat nie, omdat ons beleid suiwer geskoei is op die resolusies van die VN. Front Nasionaal glo nie in een groot volksleier nie, maar eerder in spanwerk en ‘n proses waar elke persoon sy werk doen volgens sy eie sterk punte.”

Front Nasionaal glo in en respekteer diversiteit van rasse en kulture. “Daarom is dit vreemd dat ons van rassisme beskuldig word terwyl dit juis die liberale en pragmatici is wat ‘n politieke heenkome soek daarin deur die swartman te verwesters en met liberale idees sogenaam op te hef tot ‘n nabootsing van die Europeër en hom daarna ‘n politieke leierskapsposisie te gee. Dit is inderdaad ‘n definisie van rassisme,” lees ‘n mediaverslag deur Lydia van der Merwe, Provinsiale leier van Limpopo.

Volgens Engelbrecht is die Front Nasionaal die sesde grootste Vryheidsbeweging sedert volksplanting. “Omdat ons beleid op etnisiteit gegrondslag is, gee dit aan ons ‘n morele hoëgrond. Ons taal en kultuur kan nie gehandhaaf word binne die eenheidstaat nie, maar hoewel die prentjie sleg lyk, het dit al in die verlede slegter gelyk. Daarom moet ons vas glo dat ons hier sal uitkom.”

Van der Merwe is tans woonagtig in Mokopane nadat sy ‘n jaar terug na 12 jaar in Modimolle na Mokopane verhuis het vir liefde. “Ek is al vir ‘n geruime tyd in die politiek en was in 1994 betrokke in die oorname. Dit is ‘n voorreg om as provinsiale leier van die Limpopo vir die FN gekies te word en ek sien uit na die uitdaging,” sê van der Merwe.

Van der Merwe beklemtoon dat sy glo dat ons almal ongeag ras ‘n reg het om in Suid-Afrika te bly en daarom strewe die FN na selfbeskikking. “Daar is ongelooflik baie werk wat vir ons voorlê en dit is belangrik om te weet dat ons ‘n vriendelike party is wat opstaan vir ons regte. Die party beoog om leier in elke dorp in die provinsie aantewys om poste te vul en sodoene werk te skep.” Vir verdere inligting of belangstelling kan van der Merwe gekontak word per epos by fnlimpopo@gmail.com besoek ook hul Facebook blad Front Nasionaal Limpopo.

Die trotse bestuur van die politieke party Front Nasionaal.
Die trotse bestuur van die politieke party Front Nasionaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button