Suricat se vinnige optrede lei tot arrestasie
'n VERDAGTE wat goedere vanaf 'n voertuig in Koperstraat gesteel het, is laat Sondagmiddag deur 'n Suricat reaksie-offisier op die hoek van Kruger- en Voorstraat vasgetrek.
MOKOPANE – ‘n VERDAGTE wat goedere vanaf ‘n voertuig in Koperstraat gesteel het, is laat Sondagmiddag deur ‘n Suricat reaksie-offisier op die hoek van Kruger- en Voorstraat vasgetrek.
‘n Inwoner van Koperstraat het die Suricat kantore gekontak nadat sy ‘n verdagte goedere van hul bakkie af sien steel het. Die verdagte het op vlug geslaan. Leon Hurter, reaksie-offisier, was vinnig op die toneel en die Valke buurtwag is ook geroep om kragte saam te smelt sodat dit tot ‘n vinnige arrestasie kan lei.
Volgens Hurter het hul die verdagte vanaf Koperstraat deur uitbreiding 12 tot by die hoek van Kruger- en Voorstraat gejaag waar Hurter hom vasgetrek het. “Die gesteelde goedere wat die verdagte in die hardloop weggegooi het, is opgespoor en dit blyk asof meer as een huis die teiken was van sy inbrake.
Die verdagte is aan die Mokopane polisie oorhandig en die inwoner in Koperstraat het ‘n saak van diefstal oopgemaak,” raporteer Suricat in ‘n verklaring.Suricat bedank die Valke buurtwag vir hul vinnige en goeie samewerking.
Die 29 jarige verdagte verskyn vandag (Donderdag) in die Mokopane landdroshof.
Officer alive and well after 22 bullets
Verdagtes vas na flinke optrede



