Bosveld NewsNews

Almal sit hand by en poets erfenis-skat blink

'n Groep mense, waaronder die Valke buurtwag en Geloftefeeskomiteelede het verlede Saterdag ingespring met grawe, besems en pik en steel om al die onkruid en rommel te verwyder.

MOKOPANE – AS ‘n mens in Hoogestraat af ry begraafplaas se kant toe kry jy op jou regterkant ‘n klein verwaarlose monumentjie afgebaken met sowat dertig grafte aan die een kant.

Die Koorsmonument en grafte is nog steeds daar, maar lyk nou alte spoggerig nadat ‘n groep mense, waaronder die Valke buurtwag en Geloftefeeskomiteelede, verlede Saterdag ingespring het met grawe, besems en pik en steel om al die onkruid en rommel te verwyder. Vra ek na die geskiedenis vertel die mense die monument is opgerig nadat van die eerste inwoners in die dorp malaria opgedoen en oorlede is, vandaar die naam Koors monument. Die grafte is van diegene wat omgekom het. Die naamplate op die monument is n ruk gelede afgehaal en is tans in veilige bewaring. Die name sal later weer aangebring word.

Die Mogalawena munisipaliteit het onderneem om die rommel weg te ry en deur hierdie goeie spanpoging kom ‘n erfenis-juweel weer tot sy volle reg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button