Bosveld NewsNews

Gr.7-leerders van Laerskool Krugerpark se nalatenskap

'N JARE lange droom van Laerskool Krugerpark is verlede Woensdagoggend verwesenlik nadat die gr. 7-leerders fondse ingesamel het vir 'n spog nuwe ingang in Krugerstraat, asook 'n splinternuwe trekker met 'n grassnyer

MOKOPANE – ‘N JARE lange droom van Laerskool Krugerpark is verlede Woensdagoggend verwesenlik nadat die gr. 7-leerders fondse ingesamel het vir ‘n spog nuwe ingang in Krugerstraat, asook ‘n splinternuwe trekker met ‘n grassnyer,wat handig te pas kom in die instandhouding van die velde.

Hierdie nuwe ingang, wat die verkeer gedurende sportbyeenkomste gaan vergemaklik, en die grassnyer is deel van die gr. 7-leerders se nalatenskap aan die skool.

Die trotse gr. 7’s het vroegoggend soos een man voor die ingang bymekaar gekom en die hoofleiers, Pieter Vorster en Erna Kruger het namens die leerders die skenking aan Johan Vertongen, skoolhoof, oorhandig.

“Baie dankie aan elke leerder vir hul bydrae om hierdie droom te verwesenlik. Julle spore is diep in ons geheue getrap en die nuwe ingang en grassnyer is julle nalatenskap aan ons,” sê Vertongen.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button