Bosveld NewsNews
Winteromgee vir diegene in nood
Marcelle Maritz, DA raadslid van wyk 32, vra die gemeenskap om alle ou komberse, wintersklere soos truie, baadjies en sokkies in die houer by Bosveld se kantoor te kom sit.
MOKOPANE – DIE winter het nou behoorlik kom nesskrop en daar is baie gesinne en bejaardes in die dorp wat nie ‘n kombers het waarin hulle snoesig warmte kan vind nie.
Marcelle Maritz, DA raadslid van wyk 32, vra die gemeenskap om alle ou komberse, wintersklere soos truie, baadjies en sokkies in die houer by Bosveld se kantoor te kom sit. Sy sal dit self versprei na diegene wat dit nodig het. Sy vra ook dat mense wat behoeftig is en warmklere en komberse teen die snerpende koue soek, haar kontak by 078 617 8682.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



