Gemeenskap maak hul harte oop teenoor SANBS
LEANDRI VAN SCHALKWYK Die Polokwane-gemeenskap het Saterdag 20 eenhede bloed by Savannah Mall se Banking Mall geskenk. Die bloedskenkkliniek is deur die South African National Blood Service (SANBS) bestuur en mense het hulle fluks ondersteun. Bloedskenkers is tydens uitsendings van plaaslike radiostasie EnergyFM gewerf en omroeper, Bothwell BK Matewe het gesê om bloed te skenk …
LEANDRI VAN SCHALKWYK
Die Polokwane-gemeenskap het Saterdag 20 eenhede bloed by Savannah Mall se Banking Mall geskenk.
Die bloedskenkkliniek is deur die South African National Blood Service (SANBS) bestuur en mense het hulle fluks ondersteun.
Bloedskenkers is tydens uitsendings van plaaslike radiostasie EnergyFM gewerf en omroeper, Bothwell BK Matewe het gesê om bloed te skenk is die verantwoordelike ding om te doen.
“Mens weet nooit of ‘n naasbestaande eendag bloed nodig mag kry nie. Dit is wonderlik om te sien hoe mense hulle harte teenoor die SANBS oopmaak.”
Dottie Pinn, skakelbeampte van die SANBS Limpopo het verduidelik dat die organisasie die toewyding van sy bloedskenkers in Junie vier.
Sy het die publiek daaraan herinner dat die aanvraag na bloedvoorraad groei soos wat die bevolking groei en gesondheidsorg verbeter.
“Baie mense besef nie die omvang van situasies waar geskenkte bloed ‘n lewens-belangrike rol speel nie. Dit sluit gewone gebeure soos die geboorte van ‘n kind of gewone sjirurgie, asook sekere bloedsiektes, kankerbehandeling en trauma in.”
Pinn voeg by dat die bloedskenkkliniek suksesvol was en dat die SANBS dankbaar is vir elke bloedskenker wat die bloedvoorraad op ‘n gewenste vlak help hou.
Sinah Legodi, wat die SANBS ondersteun het, het vertel dat sy gereeld bloed skenk omdat sy lewens wil red.
Die SANBS is ‘n niewinsgewende organi-sasie wat daarop gemik is om alle pasiënte van genoegsame, veilige, gehalte bloedprodukte en verwante mediese dienste te voorsien.
Wanneer dit kom by die voorsiening van bloed en bloedprodukte, navorsing en opleiding, word die SANBS hoog aangeskryf in die wêreld.









