Afskeid word geneem van geliefde inwoner
'N GROOT boom het Sondag in Mokopane geval nadat alom-geliefde vriend, man, pa en oupa, Fred Jooste na 'n tawwe stryd teen kanker oorlede is.
MOKOPANE – ‘N GROOT boom het Sondag in Mokopane geval nadat alom-geliefde vriend, man, pa en oupa, Fred Jooste na ‘n tawwe stryd teen kanker oorlede is.
Die 64-jarige Jooste, ‘n jare lange inwoner van Mokopane, was bekend in die gemeenskap vir sy groot hart en bereidwilligheid om altyd te help. Jooste was werksaam by Zebediela Bricks, en het ‘n liefde gehad vir lees en visvang en het ook graag sy passie om huisplanne te teken beoefen. Sy vrou Susan, kinders en kleinkinders was sy hart en sy lewe.
Hy is vandag, (Donderdag), uit die N.G. Hulp en Hoop Gemeente te ruste gelê. Die familie bedank almal vir hulle ondersteuning, liefde en gebede gedurende sy stryd en tot op hede.




