Local NewsNews

Grusame ongeluk eis vyf in middestad

Een van die insittendes van die grusame motorbotsing wat Vrydagoggend op die hoek vanThabo Mbeki en Landdros Maréstraat tussen ‘n Toyota Corolla en ‘n Volkswagen Golf plaasgevind het, is reeds uit die hospitaal ontslaan terwyl twee ander beseerdes steeds in ‘n ernstige toestand verkeer. Drie persone in die City Golf het gesterf en een is …

Die wrakke van die voertuie kort nadat die ongeluk plaasgevind het.
Die wrakke van die voertuie kort nadat die ongeluk plaasgevind het.

Een van die insittendes van die grusame motorbotsing wat Vrydagoggend op die hoek vanThabo Mbeki en Landdros Maréstraat tussen ‘n Toyota Corolla en ‘n Volkswagen Golf plaasgevind het, is reeds uit die hospitaal ontslaan terwyl twee ander beseerdes steeds in ‘n ernstige toestand verkeer.
Drie persone in die City Golf het gesterf en een is ernstig beseer terwyl twee persone in die Toyota Corolla dood en twee beseer is. Geen liggaam is nog uitgeken nie.
Volgens ‘n ooggetuie het die Volkswagen Golf, wat glo in ‘n westelike rigting in Thabo Mbekistraat teen ‘n hoë snelheid gery het, die rooi verkeerslig verontagsaam en teen die Toyota Corolla, wat in ‘n suidelike rigting beweeg het, gebots.
Die ooggetuie het voorts beweer dat drank moontlik ‘n bydraende rol kon speel.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

‘n Beampte van die brandweer spuit die straat skoon ná die ongeluk.
‘n Beampte van die brandweer spuit die straat skoon ná die ongeluk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button