Editor's choiceNewsSchools

Osies kry vriendskapsbankie om nuwe vriendskap aan te moedig

Vriendskap is een van die belangrikste dinge in enige iemand se lewe. Die idee van die vriendskapsbankie is om eensaamheid te verminder en vriendskap op die skoolgrond te bevorder.

POLOKWANE – Vriendskap is een van die belangrikste dinge in enige iemand se lewe. Vra jy vir ‘n tiener wie die belangrikste mense in sy lewe is, met wie hy al sy geheime deel, dan sal hy vinnig antwoord dat dit sy vriende is.

Ongelukkig is daar kinders wat nie vriende het nie, hulle spandeer pouses alleen.

In die Lente van 2013 was Christian in gr. 1. Daar was sprake dat sy familie na Duitsland sou verhuis. Terwyl hulle op die internet na skole gesoek het, het Christian ‘n foto gesien van ‘n spesiale bankie op die skoolgrond.

Hy het begin navraag doen en uitgevind dat die bankie op die skoolgrond daar is vir leerders wat nuut of onseker is.

Dit gee ander leerders die kans om nuwe of onseker kinders te nader en nuwe vriendskapsbande te smee.

Hy het met sy skoolhoof gaan praat oor die konsep en die hoof het besluit om so ‘n bankie op te rig.

Die idee van die vriendskaps-bankie is om eensaamheid te verminder en vriendskap op die skoolgrond te bevorder.

Die hoofseun, Günter Kruger, en hoofmeisie, Mia Schulenburg, van 2014 by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het van Christian se vriendskapsbankie te hore gekom en besluit dat Oosskool beslis daarby kan baat.

As hul afskeidsgeskenk het hulle ‘n vriendskapsbankie by Oosskool opgerig.

Daar is reëls by die vriendskapsbankie: dit is ‘n spesiale plek wat jou herinner om nuwe mense deel te maak van jou vriendekring en dit is die plek om ja te sê wanneer leerders vra om met jou te speel.

Dit is nie ‘n plek om tyd te spandeer met vriende wat jy reeds het nie.

Dit is nie ‘n plek waar jy nee sê aan ‘n vriend wat jou uitnooi om saam te speel nie.

Dit is nie ‘n plek om kwetsende woorde te spreek of om ander uit te sluit nie.

Die vriendskapsbankie is ‘n bankie vir omgee.

Oosskool het ook ‘n posbus opgesit naby die bankie waarin leerders briewe kan ‘pos’. In hierdie briewe kan hulle oor hul hartseer of vrese skryf of stories vertel, alles wat hulle ‘pos’ is vertroulik.

Nancia Kruger, inisieerder van die projek, vertel dat die bankie en posbus baie gewild is.

“Ek kan vanaf my klas uitkyk op die bankie en posbus en sodoende sien ek hoe die leerders gereeld daar bymekaar kom, die kinders voel dit is ‘n veilige plek. Die posbus maak ook ‘n definitiewe verskil. Daar is kinders wat skryf dat hulle sukkel met wiskunde of skoene kort. Nou weet ons as personeel waar ons meer kan help,” het Kruger gesê.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button