Local NewsNews

Boeremark ‘n groot sukses

Die eerste Boeremark wat deur Piet Oliemans aangebied is was by Bosveld Bar & Grill gehou.

POLOKWANE – Vroeg Saterdagoggend reeds staan mense met warm koppies koffie in die hand en gesels rondom vure wat brand. Hulle is by die eerste Boeremark wat deur Piet Oliemans aangebied is by Bosveld Bar & Grill.

Hier is iets van alles vir almal, selfs Woef kuier saam. Die kinders kon kies en keur tussen heerlike soetgoed en partytjiepakkies. Vir die huis het Elsie Ferns handgemaakte muurbehangsels te koop aangebied. Pa kon proe aan gegeurde vodka of grenadellalikeur en vir oupa kon die kleinkinders biltong en droëwors koop. Woef kon vir hom ‘n bed uit binnebande kies en almal kon smul aan vetkoek, boerebeskuit, pannekoek, melkkos en ander lekkernye.

Volgens Oliemans was die dag ‘n reuse sukses en het uitstallers gevra dat dit meer gereeld gehou word.

“‘n Klomp van die uitstallers wat kos en varsprodukte verkoop het was teen 12:00 al uitverkoop en het opgepak.

“Daar was baie inwoners wat om en by 12:00 daar aangekom het en net weer omgedraai het omdat die uitstallers en verkopers opgepak het,” vertel hy.

“Ek is regtig tevrede met die opkoms, daar was ‘n paar onttrekkings en ‘n paar wat net nie opgedaag het nie – dit was tot hul nadeel dat hul nie daar was nie. Daar sal ‘n paar nuwe stalletjies wat bykom met die volgende Boeremarkdag.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button