Bosveld NewsNews

Studente tuis in die kombuis

IMPAK baanbrekeronderwys se gr. 12 gasvryheidstudies kandidate het op 13 Junie by Panorama Gastehuis in Mookgophong hul praktiese eksamen met groot sukses afgelê.

MOOKGOPHONG – IMPAK baanbrekeronderwys se gr. 12 gasvryheidstudies kandidate het op 13 Junie by Panorama Gastehuis in Mookgophong hul praktiese eksamen met groot sukses afgelê.

Die tuisonderrigskool se kurrikulum is gebaseer op ‘n afstandonderrigmodel wat onderwysers en ouers in staat stel om by leerders se individuele leerstyle en -behoeftes, hetsy in ‘n klasomgewing of tuis, aan te pas. Die praktiese vakke is dan juis vir die leerders ‘n opwindende uitdaging omdat hulle hul kreatiwiteit en tegnieke in ‘n vreemde omgewing moet ten toon stel.

Daar word van die kandidate verwag om twee geregte (ontbeende hoenderboudjie en aartappel rosti) voor te berei en ‘n formele tafel te dek vir vier gaste.

Hulle kombuis- en bedieningsvaardighede word beoordeel deur gekwalifiseerde beoordelaars en volgens hulle verbeter die standaard elke jaar.

Marietjie Smit, vakhoof by Impak sê: “die vak groei jaarliks en die kandidate geniet hierdie geleentheid baie. Verskeie opleidingsgeleenthede word vir die kandidate gereël om hulle goed toe te rus vir die eksamens en toekoms. Ons is trots op ons leerders!”

Smit het al die gr. 12-kandidate wat die eksamen op ‘n hoë standaard suksesvol voltooi het, gelukgewens.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button