Bosveld NewsEntertainmentLifestyleNews

Kierieklapper se Kunstefees sal jou beslis laat skaterlag

DIE Kierieklapperkunstefees spog vanjaar met drie verhoogstukke wat die lagspiere behoorlik oortyd gaan laat werk.

MOKOPANE – DIE Kierieklapperkunstefees spog vanjaar met drie verhoogstukke wat die lagspiere behoorlik oortyd gaan laat werk.

Op Donderdag, 6 Augustus, word die Boer en die Skot in Hoërskool Piet Potgieter se saal aangebied met Bok van Blerk en Peter Mitchell in die hoofrolle.

In die teaterstuk vertel Bok van Blerk (die Boer) die stories agter sy grootste treffers. Tussendeur vertel en komponeer Peter Mitchell (die Skot) skreeusnaakse staaltjies en liedjies. Beide kunstenaars vermaak deurtentyd in hierdie unieke stuk wat nie net uit musiek bestaan nie, maar ook ‘n goeie skeut komedie.

Kom kyk na hierdie vars vertoning deur twee van die mees talentvolle kunstenaars in Suid-Afrika. Kaartjies is R200 per persoon vir die eerste vier rye en R150 vir die res van die saal. Die vertoning begin on 18:00.

Op Vrydag, 7 Augustus , kom Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade met die gesoute akteur, Frank Opperman, aan die beurt ook in die skoolsaal. In dié treffende eenmanstuk vertolk Opperman die rol van ‘n middeljarige predikant by ‘n sukkelende Moedergemeente in ‘n gemiddelde dorpie. Met stemtoon en mannerismes roep hy die figuur van die NG-dominee op, met ‘n goeie skoot emosie. Sy ds. Tienie is ‘n man met ware empatie, iemand wat diep voel en omgee vir sy medemens, en swaar dra aan die druk wat op hom gesit word.

Die toneelstuk is in die vorm van ds. Tienie se Sondagpreek, een met die tema “Wie is ek?”. Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade is allermins ‘n tranetrekker. Humor is deurlopend deel van die verhaal en die gehoor gaan gereeld geskaterlag, net om weer tot stilte gedwing te word. En, net soos met ‘n dominee wat hom goed van sy taak kwyt, word ‘n mens herinner aan dit wat wérklik belangrik is. Die kaartjies kos R100 per persoon en die vertoning begin on 18:30.

Die gewilde Derrich Garner van RSG is Maandag, 10 Augustus in die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes se saal. VAT 5 met Derrich Gardner is ‘n op en wakker Maandagoggendkuier met musiek.

Derrich,die stem agter die mikrofoon op RSG, bied ‘n spesiale VAT 5 aan vir oud en jonk. Jy ontvang ‘n lys van 20 liedjies en kry dan die geleentheid om jou persoonlike 8 liedjies uit die lys saam te stel. Elke liedjie het ‘n storie en Derrich is daar om die storie te deel terwyl Lee Scott (voorheen van die Hi-5 manssanggroep) die liedjies gaan sing. Staan ook ‘n kans om by Derrich op die verhoog aan te sluit en jou liedjiekeuse met almal te deel. Sit terug en geniet die vakansiedag saam Derrich Gardner.

Kaartjies is net R100 per persoon en die vertoning begin 10:00 vir 10:30. Vir al drie die produksies is daar ‘n spesiale prima pakket teen R380 wat ‘n sitplek in die eerste vier rye vir die produkies: Die Boer en die Skot insluit. Die standaard pakket is R330 vir die drie produksies.

Kontak die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes by 015 491 5747 vir kaartjies.

Kierieklapperfees skud sy vere reg vir 6 tot 10 Augustus

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button