Editor's choiceNewsSchools

Leerders van PHS en PLS gee terug aan die gemeenskap; leer meer van hulself

Vir menige PLS, PHS-leerders in die stad was die geleentheid om uit te reik na minderbevoorregte kinders die beste tydverdryf tydens die skool- vakansie.

POLOKWANE – Vir menige PLS, PHS-leerders in die stad was die geleentheid om uit te reik na minderbevoorregte kinders die beste tydverdryf tydens die skool- vakansie. Dit vorm deel van die leerders se Ubuntu-projek. Die leerders moes elk ‘n projek identifiseer waar hulle kan betrokke raak by die gemeenskap om iemand se lewe te verbeter.

Hierdie projek gee leerders die kans om betrokke te raak by ‘n werklike probleemsituasie waar hulle kan leer hoe belangrik dit is om na die gemeenskap uit te reik en iemand te help om hul lewens te verbeter.

Selma Muller, Lindi Burger, Nicole Wreyford, Ané van der Merwe en Leanne Pratt is van die leerders wat betrokke was by die projek. Hulle het hul gekose projek in drie dae verdeel sodat hulle kon verseker om die meeste uit elke projek te put.

• Dag een het die leerders minderbevoorregte kinders leer koekies bak, sokker speel, klavier speel en tafeltennis speel.

• Dag twee het die leerders minderbevoorregte kinders na die Polokwane wildtuin geneem waar die kinders deelgeneem het aan ‘n skattejag en kans gekry het om die diere te aanskou.

• Die derde dag het die leerders die Elipza kinderhuis se sitkamer uitgeverf.

Selma Muller vertel dat sy en haar vriendinne nie kon glo hoe groot die persoonlike beloning was om die kinders te help nie. “Dit was baie lekker om te sien hoe om jou tyd te spandeer saam met iemand vir hulle soveel kan beteken. Ons het dit baie geniet en die lesse in die lewe wat ons hier geleer het sal by ons bly ons hele lewe lank. Ek sal nie omgee om weer my eie tyd af te staan om ander mense te help nie. Dis ‘n ongelooflike gevoel wanneer jy besef jy maak mense gelukkig deur iets klein te doen,” vertel sy.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button