Bosveld NewsNews

Kom kronkel weer saam by Kierieklapper Kunstefees

MET die Kierieklapper Kunstefees (KKKF) om die draai kan feesgangers uitsien na twee kultuurkronkels wat vermaak uit die boonste gestoeltes verseker.

MOKOPANE – MET die Kierieklapper Kunstefees (KKKF) om die draai kan feesgangers uitsien na twee kultuurkronkels wat vermaak uit die boonste gestoeltes verseker.

Op 7 Augustus is daar ‘n kultuurkronkel met’n besondere kinkel en feesgangers kan nou alreeds hul kaartjies koop om te verseker dat hul plek op die kronkel het. Die kronkel begin by die wyntuin op die feesterrein, waar uitsoek wyne van ses kelders geproe gaan word.

Vandaar word daar gekronkel na die Honey Ball waar Steve en Bertie Teich die kronkelaars sal laat skaterlag met hul komiese vertolking van ‘Jannie asseblief tog squeeze my’.

By die volgende kronkelpunt kan die kronkelaars terugsit en die orreluitvoering deur Wimpie Engelbrecht geniet. Lizelle Vermaak wat die kronkelaars gaan betower met die kuns van Belly Dancing is vanjaar se besondere kinkel in die kronkel.

Die kronkel sluit af met Frank Opperman se Klaagliedere van Ds Tienie Benade. Kaartjies kos R180 per persoon en is beskikbaar by die Dienssentrum vir Bejaardes in Dudu Madisharylaan, Mokopane.

Vir die natuurliefhebbers is daar Maandag, 10 Augustus, ‘n wildskronkel. Kronkelaars kan uitsien na interaksie met uile, swart renosters, leeus by die Mokopane Wildteelsentrum.

Dan is daar ‘n kinkel in die kronkel wat ‘n geheim is. Die kronkelaars gaan ook eksotiese wild van nader besigtig en die hoogtepunt van die kronkel is die voer van renosters. Hier kan jy letterlik die renosters se asem in jou nek voel blaas.

Braaivleis en die klank van die kitare van die kampvuursangers sluit die 15de jaar van die KKKF af. Kaartjies vir die wildskronkel is R280 per persoon en is beskikbaar by die Dienssentrum. Skakel 0154915747 vir navrae.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button