Bosveld NewsLocal NewsNews

Meeste plaasmoorde hier in Limpopo

LIMPOPO het die hoogste plaasmoordsyfer tot op hede vir die jaar, sê die burgerregte organisasie, AfriForum in 'n mediaverklaring.

LIMPOPO – LIMPOPO het die hoogste plaasmoordsyfer tot op hede vir die jaar, sê die burgerregte organisasie, AfriForum in ‘n mediaverklaring.

AfriForum en die landbou-unie, TLU SA, het onlangs in Centurion die statistieke bekendgestel vir plaasmoorde en -aanvalle wat gedurende die eerste helfte van 2015 plaasgevind het en ook nuwe projekte, planne en groot aksies vir die prioritisering van plaasmoorde aangekondig. Statistiek dui aan dat 1 747 plaasmoorde en 3 542 plaasaanvalle tussen 1990 en middel 2015 plaasgevind het. Uit die vermoorde slagoffers was 1 133 plaasboere, 465 direkte familielede, 130 plaaswerkers en 19 besoekers. In 2015 alleen was daar teen einde Junie reeds 27 moorde en 116 aanvalle.

Genl. Chris van Zyl, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, het verduidelik dat hoewel Gauteng tot onlangs die provinsie was waarin dié misdrywe die meeste plaasgevind het, Limpopo nou in die eerste plek staan. Limpopo word gevolg deur KwaZulu-Natal, Gauteng, Vrystaat, Oos-Kaap, Noordwes, Mpumalanga, Noord-Kaap en dan die Wes-Kaap.

Van Zyl het ook gesê dat plaasaanvalle nie net meer verspreid voorkom nie, maar ook meer brutaal en in meeste gevalle noodlottig is.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê die feit dat die regering weier om plaasmoorde tot ‘n prioriteitsmisdaad te verklaar die grofste vorm van diskriminasie denkbaar is.

Roets het vier redes gegee waarom plaasmoorde uniek is en geprioritiseer moet word:

• Frekwensie van aanvalle.

• Brutaliteit van aanvalle.

• Rol wat boere in die samelewing speel naamlik die rol van werkgewers en voedselverskaffers.

• Ligging van plase waarop aanvalle en moorde plaasvind.

Beide organisasies het ook die belangrikheid van internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering beklemtoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button