Inwoners van Soetdoring sê dankie
'n DANKBARE inwoner van Soetdoring woonstelle skryf aan Bosveld.

MOKOPANE – ‘n DANKBARE inwoner van Soetdoring woonstelle skryf aan Bosveld.
“Woorde is daar nie, net lof, dank en eer aan Jesus vir al sy seëninge. Ons wil almal hartlik bedank vir die bederf van die kos en al die lekkernye wat ons verlede Dinsdag ontvang het.
“Mag elke besigheid en individue wat ‘n hand in hierdie groot skenking asook Marcelle Maritz en haar span in oorvloed geseën word.
Ons bedank ook die dames van die kerk wat ons kort-kort bederf en dankie in besonder vir die skenkers van ons spog nuwe naambord. Ons dank ons Hemelse Vader vir elkeen wat vir ons omgee, dankie vir U onvoorwaardelike liefde vir ons.
Help ons om elke dag uit dankbaarheid heilig te lewe.
Groete
Dankbare inwoners van Soetdoring woonstelle



