Bosveld NewsNews

Regruk-toer is weer op die lappe

DIE Mokopane Besigheids-kamer se inisiatief 'Tour around Town' is weer opdreef.

MOKOPANE – DIE Mokopane Besigheids-kamer se inisiatief ‘Tour around Town’ is weer opdreef.

Die projek gee die gemeen-skap die kans om hul klagtes wat betrekking het tot die dorp se agteruitgang soos gate in paaie, rioolprobleme en die ophoop van vullis by die besigheidskamer se kantoor in te dien.

Die besigheidskamer sal dan ‘n lys optrek en ‘n roete deur die dorp saamstel na aanleiding van die klagtes.

Lede van die Besigheids-kamer, die munisipale bestuurder en verskeie afgevaardiges van die verskillende departemente gaan op 12 Augustus ‘n toer deur die dorp onderneem om na die situasie te kyk en met voorstelle te kom hoe om dit op te los.

Klagtes kan skriftelik aan die besigheidskamer per epos gestuur word. Die sakekamer kan ook direk gekontak word by (015) 491 8458.

Die eposadres is: mokopane.bti@mweb.co.za

of stuur die klagte per faks na (015) 491 8460 gedurende hulle kantoorure: 08:00 tot 13:00.

Klagtes moet die besigheidskamer voor of op 6 Augustus bereik.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button