Bosveld NewsCrimeNews

Vier wildstropers vasgetrek deur buurtwag

VIER wildstropers is deur AfriForum se buurtwag in samewerking met die polisie in Vogelstruispan in Bela-Bela, met hul toerusting en 15 gestroopte vlakvarke vasgetrek, lees 'n mediaverklaring deur AfriForum Vrydagoggend.

LIMPOPO – VIER wildstropers is deur AfriForum se buurtwag in samewerking met die polisie in Vogelstruispan in Bela-Bela, met hul toerusting en 15 gestroopte vlakvarke vasgetrek, lees ‘n mediaverklaring deur AfriForum Vrydagoggend.

Wildstropery is ‘n groeiende tendens in ons land en word gemeenskappe aangemoedig om proaktief op te tree en deel te vorm van ‘n buurtwag.

Volgens die verklaring het boere vir sowat twee weke vreemde spore op hulle plase gevind. Met die hulp van bewegingsensitiewekameras kon hulle die stropers opspoor. Spoorsnyers het twee mans gevang wat toe aan hulle inligting deurgegee het dat hulle makkers ‘n bakkie vol vleis sal gaan oplaai. Met dié inligting tot hul beskikking het die buurtwag saam met die polisie ‘n lokval gestel waarin die ander vermeende stropers hul rieme styfgeloop het.

“Hierdie is ‘n goeie voorbeeld van hoe gemeenskappe moet organiseer om misdrywe soos dié die nekslag toe te dien,” sê Allan van Rooyen, voorsitter van die AfriForum-buurtwag.

Morné Mostert, AfriForum se Limpopo-koördineerder, sê; “deur patrollies te ry tree die gemeenskap proaktief op deur visuele polisiëring, en indien ‘n voorval sou plaasvind, is lede gereed om te reageer. Hierdie vermoë sal ‘n veilige gemeenskap skep.”

Skakel in by jou AfriForumtak en -buurtwag. SMS jou dorp se naam na 45340 teen R1.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button