MunicipalNews

‘n Watermeter nagmerrie

Inwoners ervaar steeds 'n probleem met verkeerde watermeterlesings op hulle munisipale rekeninge, waar die watermeterlesings op hulle rekening en die lesings op hulle watermeter met groot hoeveelhede verskil.

POLOKWANE – Inwoners ervaar steeds ‘n probleem met verkeerde watermeterlesings op hulle munisipale rekeninge, waar die watermeterlesings op hulle rekening en die lesings op hulle watermeter met groot hoeveelhede verskil.

Hierdie fout jaag inwoners honderde rande uit die sak, omdat hulle beboet word vir die hoë waterverbruik. Een van dié inwoners sê hy gebruik glad nie meer die munisipaliteit se water nie, hy gebruik eerder boorgatwater.

“Die munisipaliteit kom vat nie gereeld watermeterlesings nie. Hulle skat ‘n gemiddelde lesing en dan moet ons betaal. Ek het ook soos ‘n donkie elke maand net aanvaar dit is wat ek moet betaal, tot twee maande gelede toe ek en my buurman gesels oor my hoë munisipale rekening. Hy het opgemerk dat ek verskriklik min water gebruik en voorgestel ek kyk of die watermeterlesing op my meter en die lesing op die rekening reg is. En sowaar was die lesing verkeerd. Ek het vir maande betaal vir iets wat ek nie gebruik nie, maar die munisipaliteit het die probleem opgetel en reggestel,” sê die inwoner.

Maar Nico Soer, sê hy is nie so gelukkig nie. Soer sukkel glo al ‘n maand met die munisipaliteit om hulle fout op sy rekening te korrigeer.

“Die watermeterlesing op my rekening en die een op my watermeter verskil met 16 eenhede. Dit is 1 600 liters meer as wat ek gebruik. Ek het verlede maand en hierdie maand ‘n rekening gekry waarvan die boete vir waterverbruik meer as R700 is. Ek weier om dit te betaal want dit is belaglik. Ek gebruik nie so baie water nie,” sê Soer.

Volgens Soer het hy die munisipaliteit verskeie kere geskakel, maar hy word slegs van bakboord na stuurboord gestuur sonder enige hulp.

Toe Soer nie telefonies regkom nie, het hy e-posse gestuur aan die munisipaliteit se kliëntediens en faktuurafdeling, maar ook daar sê hy kon niemand hom help nie.

“Ek het ‘n klomp e-posse aan die munisipaliteit gestuur en in my e-posse beskryf ek in geen onduidelikheid my probleem vir hulle. Ek het ook van my rekeninge aangestuur en ook die lesings op my watermeter, maar ek kry net eenvoudig nie terugvoer nie. Review is my laaste hoop,” sê Soer.

Tidimalo Chuene, munisipale woordvoerder, sê dit is goed dat Soer die munisipale kliëntediens en faktuurafdeling bewus gemaak het van sy probleem en raai aan dat ander inwoners met soortgelyke probleme dit ook doen.

“Nico Soer is welkom om na die munisipaliteit te kom en kan vir Susan Malan, assistent bestuurder van die kliëntediens en faktuurafdeling, gaan sien by kantoor 27 om hulp. Hy kan haar ook kontak by (015) 290 2036 of haar e-pos by susannem@polokwane.gov.za,” sê Chuene.

 

Water meter readings a nightmare

Take your own water meter reading

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button