Local NewsNews

Gretha Wiid praat oor weird en scary dinge

Tydens Gretha Wiid se besoek aan Polokwane op verlede Maandag, het sy verskeie skole in die stad besoek waar sy aan gr. 6 en gr. 7-leerders geslagsvoorligting gegee het.

POLOKWANE – Tydens Gretha Wiid se besoek aan Polokwane op verlede Maandag, het sy verskeie skole in die stad besoek waar sy aan gr. 6 en gr. 7-leerders geslagsvoorligting gegee het.

Gretha en haar man, Francois, het ‘n pad gestap rondom hul huwelik en dit het vir hulle ‘n bepaalde openbaring gebring. Dit is nou Gretha se hartsbegeerte om hul kennis met ander mense te deel. Baie van die dinge wat hulle aangevang het, is gebore uit seer vanuit hul kinderdae en dit is die rede waarom hulle passievol daaroor is dat kinders moet weet wat hulle werd is en dat hulle die voorreg moet hê om in emosioneel-stabiele huise groot te word waar hulle ouers liefde, onvoorwaardelike aanvaarding, erkenning en aandag eerste stel.

“Ek gaan oor weird goeters praat en julle gaan sê ooooh my word,” begin Gretha waar sy voor leerders by Pietsersburg Laerskool-Oos (Oosskool) staan.

Hier en daar giggel iemand, maar vinnig-vinnig leer die groep dat dit nie vreemd of verkeerd is as hulle skaam en onseker is oor hul liggaamlike ontwikkeling nie.

“Groot woord is scary, lekker, maar scary. Op julle ouderdom is dit weird as iemand met julle hieroor praat. Almal is nuuskierig en almal is embarrased. Jy mag nuuskierig wees en stress. Jy mag embarrased wees en dink dit is weird.”

Gretha vertel aan die leerders dat hulle die regte benaming vir hul lywe moet gebruik.

Sy verduidelik ook aan hulle dat almal nie ewe vinnig ontwikkel nie.

Almal begin nie op dieselfde tyd loop nie, maar almal kan loop wanneer hulle skool toe gaan.

“Soms kyk jy in die spieël en hou nie van wat jy sien nie. Jy oordeel. Ek wil vandag vir jou sê ‘jy sal reg wees’.”

Sy het ook vertel dat leerders versigtig moet wees met die grappe wat hulle vir mekaar vertel en dat almal respek moet hê vir mekaar.

“Dit was baie interessant en al was ons skaam het ons beslis iets geleer,” vertel Kayla Smith en haar maats, Megan Pelser en Monika Engelbrecht.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button