Bosveld NewsEntertainmentLifestyleNews

Kom deel in Lim vir Jesus

JOHNNY Louw is 'n bekende evangelis van die Kaap wat van 29 Julie tot 4 Augustus in Mokopane is om die Woord te verkondig.

MOKOPANE – JOHNNY Louw is ‘n bekende evangelis van die Kaap wat van 29 Julie tot 4 Augustus in Mokopane is om die Woord te verkondig.

Louw is op 9 Desember 1972 in Calvinia gebore waarna hy sy pa op vierjarige ouderdom aan die dood moes afstaan en hy sy soektog na sy identiteit begin het.

Die soektog het baie hartseer, rebellie en ontnugtering geopenbaar. Hy begin sy loopbaan as polisieman en raak verstrengel in die greep van dwelms en vandaar die begin van ‘n lewe van dubbele standaarde. In 2000 verruil hy sy polisie-uniform vir ‘n pak en die lewe as ‘n sakeman druk hom dieper in geld, dwelms en drank wat lei tot selfhaat en skuldgevoelens, sy uitweg selfmoord.

Louw het daardie dag ‘n wonderwerk beleef en Jesus ontmoet wat beheer van sy lewe geneem het en hom uit die put van selfbejammering gered het. Vandag is hy ‘n voltydse evangelis en ‘n motiversingspreker met ‘n passie om kinders te help.

Hy het al reeds meer as 300 skole toegespreek en is die stigter van 120 interdenominale mansgroepe.

Louw is op 31 Julie in Hoërskool Piet Potgieter se skoolsaal en nooi die gemeenskap hartlik uit om in hierdie geleentheid te kom deel.

Die verrrigtinge begin om 19:00. Hy besoek ook die Church of the Firstborn vanaf 2 Augustus tot 5 Augustus om 18:00.

Vir meer inligting kontak Rian van Heerden by 082 967 8252 of pastoor Sam Phakgadi by 072 129 3086.

Lesers kan sy webblad besoek by www.wildestem.com.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button