Bosveld NewsNews
Sakekamer hou hul ‘Tour around Town’
DIE Mokopane Sakekamer se lede het weer 'n 'Tour around Town' gereël waartydens 'n afvaardiging van die Mogalakwena Munisipaliteit hulle sal vergesel na die verskillende probleemgebiede in die dorp.

MOKOPANE – DIE Mokopane Sakekamer se lede het weer ‘n ‘Tour around Town’ gereël waartydens ‘n afvaardiging van die Mogalakwena Munisipaliteit hulle sal vergesel na die verskillende probleemgebiede in die dorp.
Tydens die toer word dele uitgewys soos wat deur die gemeenskap aan die sakekamer verskaf is en daar word gesels oor herstelwerk. Die toer vind plaas op 12 Augustus en die inwoners word gevra om klagtes wat betrekking het tot die dorp se paaie, riool, sypaadjies en straatligte die klag aan die sakekamer te rig per e-pos na mokopane.bti@mweb.co.za of kontak (015) 491 8458 tydens kantoorure van 08:00 tot 13:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



