Bosveld NewsNews

KOLLIG: Spaar, maar jy moet leef ook

Julie staan bekend as Spaarmaand en hoewel ons pas Augustus binne is gee ek dus in dié uitgawe vir Bosveld se lesers kundige advies oor spaar.

Julie staan bekend as Spaarmaand en hoewel ons pas Augustus binne is gee ek dus in dié uitgawe vir Bosveld se lesers kundige advies oor spaar.

Jy kan nie net spaar nie. Mens moet leef ook. Dit is te sê as daar geld is wat gespaar kan word as alles eers betaal is wat betaal moet word. Ek is geseënd met twee kinders, twee aanstaande skoonkinders, twee assistente en almal van hulle het vriende, neefs en niggies en almal is tussen 24 en 27 jaar oud. Meeste van hulle praat deesdae met my oor sake soos spaar, aftrede-beplanning en begroting.

Dit is voorwaar ‘n voorreg om die jongmense te adviseer. Hulle moet oor 30 – 40 jaar hulle pensioenvoorsiening belê. Dan sal ek nie meer daar wees nie, maar hopelik sal die gegewe insette dan goeie resultate lewer – ek vertrou.

Ja, spaar is nie alles nie en dis ook nie niks nie. Mens moet leef ook. Onderskeid tussen wat noodsaaklik is en wat ‘n luukse is, is belangrik Sorg eers dat alle noodsaaklikhede gedek is. Begin so gou moontlik met ‘n goeie spaarinstrument(e) en maak seker jy belê op die korrekte wyse i.e. goeie groeipotensiaal, diversifikasie en so belasting-effektief moontlik.

Tyd is ‘n geskenk. En dit vlieg regtig. Die Romeine het gesê: “TEMPUS FUGIT” wat beteken “TYD VLIEG” en dit is vandag nog op baie muurhorlosies geskryf. Die 30 – 40 jaar wat jy oor het vir spaar vir bv. aftrede is sommer nou-nou net 10 jaar.

Hoe vroër jy begin spaar, hoe beter – ‘n mens kan dit nie genoeg vir mekaar sê nie. Ons, wat finansiële adviseurs is, sien gereeld hoe mense drooggemaak en nie genoeg vir die oudag eenkant gesit het nie. Ek sê weer: hoe vroeër jy begin, hoe beter!

Oor kontant: Is kontant nog koning? Mense wonder of hulle nie in ander bateklasse moet belê nie. Kyk net hoe het die aandelebeurse nou weer die afgelope paar maande gedaal. Ek het al voorheen ‘n paar keer daarop gewys dat die sogenaamde waarborge of ‘veilige’ beleggingsopsies risiko’s inhou – veral op langtermyn. Instellings kan bankrot raak en die geleentheidskoste van ‘n waarborg is hoog.

Langtermyn-opbrengste vir die vernaamste bateklasse toon dat kontant die laagste opbrengs oor alle betekenisvolle tydperke gelewer het (vyf jaar of langer). Kontant het sy plek in ‘n portefeulje van spaargeld maar dit is duidelik dat dit beter is om die bestuur van beleggingsrisiko’s aan ‘n professionele batebestuurder oor te laat wat die beste risiko-aangepaste opsies vir beleggers vind.

Tot volgende keer, Groetnis, Koos de Wet

* Koos de Wet is ‘n finansiële beplanner by PSG en lid van die Fidusiêre Instituut van Suid-Afrika. Lesers kan hom kontak by 015 491 2020/082 881 4672 of psgk@mweb.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button