KIERIEKLAPPER KUNSTEFEES: Pop, country: Kom luister
FEESGANGERS by vanjaar se Kierieklapper-kunstefees word bederf met 'n optrede van die bekroonde sangeres Riana Nel.
MOKOPANE – FEESGANGERS by vanjaar se Kierieklapper-kunstefees word bederf met ‘n optrede van die bekroonde sangeres Riana Nel.
Riana is ‘n sanger en liedjieskrywer van formaat wat in Namibië grootgeword en later na Suid-Afrika verhuis het toe sy begin naam maak het in die musiekbedryf.
Haar liedjies kan beskryf word as ‘n mengsel van pop en country.
Sy het ook geestelike musiek-albums opgeneem.
Riana is bekend vir liedjies soos Timbuktu, Weier, Die Moeite Werd, Soos die Son en Dans.
Haar album ‘Die Moeite Werd’ is as die beste popalbum in 2012 by die Tempotoekennings vereer.
Sy het ook die beste liedjieskrywer-toekenning in 2013 met Johan Vorster by die Ghoema-musiektoekennings gedeel.
Kom luister na die engelstem van hierdie gewilde kunstenaar op Vrydag, 7 Augustus op die buiteverhoog om 19:30 by die Kierieklapperkunstefees. Haar optrede is ingesluit by die toegangsfooi.




