KIERIEKLAPPER KUNSTEFEES: Sing en liedjies skryf is sy passie
Kom luister Vrydagaand om 20:30 na Wasserfall se treffers.
MOKOPANE – LIEDJIES skryf is in sy bloed, sê Dewald Wasserfall wat op twaalfjarige ouderdom begin het om sy passie vir musiek uit te leef. Wasserfall is een van die puik kunstenaars wat vanjaar op die buiteverhoog by die Kierieklapperkunstefees gesien kan word.
Kom luister Vrydagaand om 20:30 na Wasserfall se treffers.
Hy het reeds twee albums op die rakke met gewilde liedjies soos “Amsterdam” en “Eendag as ons groot is”.
Hy is ook bekend vir liedjies wat hy vir ander kusntenaar soos Karlien van Jaarsveld, Lianie May en Bok van Blerk geskryf het.
Wasserfall, wat ‘n diploma in vermaaklik-heidstegnologie aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie verwerf het, sê hy is self sy eie grootste vyand.
“Wanneer ek nie slaap nie, hol ek rond en voeg verkieslik nuwe idees en kleure by my progressiewe musieksmaak.”
Wasserfall, wat al talle musiektoekennings ingeryg het, dwing applous en bewondering af en sê hy is dankbaar vir al die seëninge in sy lewe.




