Bosveld NewsNews

Hansies praat vir hul ‘n eersteplek los

Die senior-redenaars van Hoërskool Hans Strijdom het op 29 Julie tydens die Interhoër-redenaars by Hoërskool Piet Potgieter 'n eersteplek losgepraat en die juniors het 'n derdeplek verwerf.

MOKOPANE – Die senior-redenaars van Hoërskool Hans Strijdom het op 29 Julie tydens die Interhoër-redenaars by Hoërskool Piet Potgieter ‘n eersteplek losgepraat en die juniors het ‘n derdeplek verwerf.

In die junior-afdeling het Lee-Ann Denton ‘n derdeplek behaal in die onvoorbereide toesprake en Skye Bester spog met ‘n derdeplek in die voorbereide Engelse afdeling.

In die senior-afdeling behaal Zarco Scherman ‘n gesogte eersteplek en Johan Becker ‘n derdeplek in die voorbereide-afdeling terwyl Stefan Pretorius ‘n derde plek opraap in die onvoorbereide-afdeling.

Nolene Booyse, Nico Genis, Johan, Zarco, Stefan en Ruben Pretorius het ‘n gedugte span gevorm en spog met die trofee as seniorwenners van die redenaars-interhoër vir 2015.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button